Die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, raam vanjaar se begroting vir die nasionale finansiële hulpskema vir studente, of die NSFAS, op 47,6 miljard.
Nagenoeg 900 000 studente sal skynbaar vanjaar by die fonds baat.
Intussen wil AfriForum weet wat die vordering is met ‘n ondersoek na bewerings van onder meer korrupsie en wanadministrasie van die fonds sedert AfriForum Jeug het in November strafregtelike klagte teen die NSFAS ingedien.
Dié klagte het gekom te midde van ’n ondersoek wat president Cyril Ramaphosa in Augustus verlede jaar gelas het.
Dié ondersoek moes kyk na bewerings van korrupsie, wanadministrasie, onwettige en onregmatige bestedingen verkrygingspraktyke, onwettige en onregmatige optrede deur werknemers en amptenare asook doelbewuste of nalatige verlies van openbare fondse by die NSFAS.