Search Results for:

Die AA verwag dat brandstofpryse volgende maand heelwat sal daal

Die AA verwag dat brandstofpryse volgende maand heelwat sal daal. Petrol kan sowat 27-sent-per liter goedkoper word, diesel kan tot 88-sent per liter minder kos terwyl paraffien se prys met ongeveer 82-sent per liter kan daal. Data toon tans ‘n taamlike oorverhaling op brandstofpryse, hoofsaaklik weens laer internasionale oliepryse. Volgens die AA kan petrol en […]Read More

Infeksie-spesialis van Bloemfontein se ma het ook Covid-19 opgedoen

Dr. Cloete van Vuuren, bekende infeksiesiekte-spesialis van Bloemfontein en hoof van die departement interne medisyne van 3 Militêre Hospitaal, se ma, Fèbè (81), het ook Covid-19 opgedoen. Dr. Van Vuuren, een van drie geregistreerde infeksiesiekte-spesialiste in die Vrystaat, sê sy pa, Prof Martin van Vuuren, versorg sy ma tuis in ‘n Bloemfonteinse aftreeoord. Netwerk24 het […]Read More

Eskom lê beslag op Vrystaatse plase

Eskom het beslag gelê op 139 Vrystaatse plase ter waarde van sowat R2,5-miljard wat aan die Matjhabeng-munisipaliteit behoort. Die beslaglegging dien as sekuriteit vir die munisipaliteit, wat Welkom insluit, se skuld van R3,4-miljard. Eskom het ingestem om sy beslaglegging op die gebied se bankrekening op te hef, maar R2,7-miljoen bly onbeskikbaar. Die Emfulani plaaslike munisipaliteit […]Read More

Vier Erfenisdag die maand saam met Nestlé

Elke jaar in September kom Suid-Afrikaners saam om Erfenisdag te vier. Op die 24ste van hierdie maand sal Nestlé, een van die wêreld se grootste kosmaatskappye, mense aanmoedig om ‘n soet oomblik te deel. Die bemarkingsdirekteur, Zumi Njongwe, sê hulle is trots om al meer as ‘n eeu lank deel van Suid-Afrika se produk-erfenis te […]Read More

Bidvest gaan tot 400 werkers aflê

Die Bidvest Groep gaan noodlottig tot 400 werkers moet aflê in sy afdelings vir persoonlike bankdienste, sake-bankdienste en ondersteuningsdiens. Die groep se inkomste-jaar wat in Junie geëindig het, staan op R76,5-miljard. Handelswins het met 19,9% gedaal nadat kostes verwerk is wat met Covid-19 verband hou. Bidvest se woordvoerder, Lindsay Ralphs, het aan Moneyweb gesê hulle […]Read More

Cope sê die Valke, Nasionale Tesourie en die ouditeur-generaal moet

Die ANC-aanslag op ons mense duur voort en die jongste verslag oor Sisi Ntombela die Vrystaatse premier, se roekelose besteding van openbare geld kan nie langer geduld word nie. So sê Makhotla Sefuli van Cope in die Vrystaat se kommunikasie-afdeling. Sy kommentaar volg na Netwerk24 se berig waarin Ntombela R214 miljoen bestee het op gesellighede. […]Read More

Malema se aanrandingsaak word tot Oktober uitgestel

Die aanrandingsaak teen die leier van die EFF, Julius Malema, en die parlementslid Mbuyiseni Ndlozi is tot 13 Oktober uitgestel. Die twee het vanoggend vlugtig in die Randburgse Landdroshof in Gauteng verskyn in verband met die beweeerde aanranding van ‘n polisielid op Winnie Madikizela-Mandela se begrafnis in 2018. Malema het buite die hof gesê die […]Read More

Ramaphosa loof die media se werk tydens die Covid-19-pandemie

President Cyril Ramaphosa sê die land se media het nie net sy tradisionele waghond-rol vervul nie, maar ook sy burgerlike plig gedoen ter ondersteuning van die nasionale poging om die koronavirus-pandemie te bekamp. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief sommige joernaliste het hulle waghond-rol vervul deur korrupsie en wanadministrasie in verband met die pandemie uit […]Read More