Rosestad vier hul 30ste bestaansjaar

Rosestad vier hul 30ste bestaansjaar van storievertel, en die geleentheid reflekteer die unieke manier waarop hulle dit oor die jare gedoen het. Die orkesvertonings tref die gehoor diep en dra ʼn emosionele avontuur oor wat nie net relevant is tot Radio Rosestad se geskiedenis nie, maar ook tot die ryk musiektradisie wat ons lewens verryk.

Sy storie vertelmetode by die Sand du Plessis-teater het ʼn hoë standaard gestel, een waarna ander produksies sal streef.

Die betekenis van die Rosestad-storie
Meeste van ons is, soos oermense, storievertellers, elkeen met ʼn unieke manier van kommunikeer. Paul Loeb van Zuilenburg, ʼn Bloemfonteiner, het hierdie kuns vervolmaak. Sy storievertelling by die Sand du Plessis-teater het ʼn hoë standaard gestel wat ander produksies kan navolg.

Sy vertoning het herinneringe van musieklegendes soos Queen, Frank Sinatra, ABBA, en Johnny Depp se “Pirates of the Caribbean”-avonture lewend gemaak, wat elkeen op ʼn persoonlike vlak met die gehoor resoneer.

Die avontuur
Die aand het met gesofistikeerde klere, komplimente en ʼn warm atmosfeer begin. Die vertoning, wat nostalgiese musiek en stories insluit, het positiewe herinneringe by elke gas wakker gemaak.

Die elemente wat alles afgerond het
Die kos en wyn was van topgehalte, en gaste het die gesellige atmosfeer geniet. Die Sand du Plessis-teater as lokaal het die aand ʼn spesiale karakter gegee, en die ervare fotograaf het elke oomblik professioneel vasgevang.

Uiteraard was die hele gedoente nie net vir Rosestad-personeel gereël nie, en die gaste kon nie genoeg dankie sê op sosiale media vir die fantastiese ervaring nie. Selfs gedurende die opvoering was daar vele kombinasies van vingers wat swaai, knieë wat op die ritme van die musiek geklop word, en hakke wat op die vloer gestamp word. Waardering vir ʼn manjifieke vertoning is talle kere met applous beloon.

Beide die solosangers was uitstekend, maar Lynelle Kenned het veral indruk gemaak met haar vermoë om die moeilike note in Phantom of the Opera moeiteloos te sing. Andrew Lloyd Webber sou dalk sy keuse om sy vrou, Sarah Brightman, vir die rol te gebruik, heroorweeg het as Kenned beskikbaar was.

Beide die solosangers was uitstekend, maar Lynelle Kenned het veral indruk gemaak met haar vermoë om die moeilike note in Phantom of the Opera moeiteloos te sing. Andrew Lloyd Webber sou dalk sy keuse om sy vrou, Sarah Brightman, vir die rol te gebruik, heroorweeg het as Kenned beskikbaar was.

Binne 200 meter
Terselfdertyd was daar ʼn sokkerwedstryd in die Toyota-stadion tussen Mamelodi Sundowns en Magesi FC. Gedurende die pouse van die vertoning in die Sand du Plessis-teater het die sokkerskare juigend in die strate gevier terwyl hulle huiswaarts keer. Dit was duidelik dat die meerderheid vir Magesi FC ondersteun het, aangesien hulle Mamelodi Sundowns met 2–1 geklop het.

Agter versteekte skerms
Hoewel dit nie goeie styl is om oor jou goedhartigheid te spog nie, was daar agter die skerms ʼn spesiale oomblik. ʼn Spesiale man van Brandfort wie se lewenspassie is om by ʼn groot orkes te wees, het ʼn unieke geleentheid gehad. Hy is bitter lief vir orkesmusiek, en hoewel min mense opgelet het dat hy vir ʼn kort rukkie op die verhoog toegelaat is, kon dié wat wel opgemerk het, sien hoe hy homself in die musiek verloor het. Dubois Scott het ná die tyd vertel hoe wonderlik die ervaring was, en sy aansteeklike glimlag het almal betower.

Slotsom

As storievertellers het ons nog ‘n metode geleer om ‘n herhaal te vertel. Elke industrie doen dit op ‘n ander manier, maar die orkes is iets waarmee Bernie Naude en ander musiek kunstenaars meer sal weet van. In rolprente word emosies gemanipileer met die kleur van die prent en die ritme van agtergrond musiek en toonhoogte. Maar in die Gala-aand produksie het Paul Loeb van Zuilenburg met ons emosies soos ‘n marionet getokkel en dit was ‘n wonderlike ervaring. As ‘n kunstenaar, hoe meer ons van ander kunstenaars se storievertel metodes verstaan, hoe meer waardeer ons hoe hulle die wêreld vir ons mooi maak.

Nog meer fotos sal binnekort beskikbaar wees.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×