Die Bloemfontein Filharmoniese Orkes se A Tribute To Elvis vertoning wat Vrydag en Saterdag aangebied word in samewerking met Rosestad 100.6FM beloof om groot opwinding te bied. Die BPO se dirigent, Paul Loeb van Zuilenburg, sê drie verwerkers het gesorg dat verskeie Elvis treffers met hulle eie styl verwerk word wat variasie in die program meebring. Rosestad se algemene bestuurder, Bernie Naudé, het gesê dat samesyn en goeie musiek aan die voorhand van die konsert gaan wees. Naudé het ook gesê dat fondse wat ingesamel word deur hierdie konsert gebruik sal word vir Rosestad se verskeie Gee-projekte deur die jaar. Daar gaan vanaf 5-uur die middag reeds bymekaar gekom word by Monte Bello met verskeie stalletjies waar mense voor die konsert verkeie eet en drinkgoed kan geniet. Kaartjies is beskikbaar by Quicket of by Rosestad se kantore.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×