Die Automobiel-Assosiasie (AA) het sy skok uitgespreek oor die groot hoeveelheid sterftes wat gedurende Paasnaweek op die land se paaie aangeteken is. Die minister van Vervoer, Sindisiwe Chikunga, het vroeër die 2023 Paasverkeerstatistieke bekend gemaak.
Die totale aantal noodlottige ongelukke vanjaar is 185 wat tot 225 sterftes gelei het.
In dieselfde tydperk die vorige jaar is 135 noodlottige ongelukke aangeteken wat tot 161 sterftes gelei het. Die AA sê dat daar dringende ingryping nodig is om beter padveiligheid te verseker.