Die Automobiel Assosiasie sê die meganiese uitwerking van die gebruik van verdunde diesel op voertuie kan tot groot skade lei.
Dit is in reaksie op verslae van die regering dat sowat 70 vulstasies landwyd substandaard diesel verkoop aan verbruikers wat daarvan onbewus is en dit nie eers sal agterkom nie.
Die AA se Layton Beard sê die omvang is onduidelik maar kan ‘n reuse impak om diesel verbruikers se voortuie hê. Beard sê daar is selfs ‘n moontlikheid dat vulstasie-eienaars ook nie weet wat die standaard van diesel is wat hulle van verskaffers kry nie.
Hy sê verbruikers sal eers werklik weet wat die inhoud van hul voertuie se tenks is as hulle ‘n dieselmonster laat toets.