Soldate het stede in Bangladesh Saterdag gepatrolleer om die groeiende burgerlike onrus wat deur studentebetogings ontketen is, te stuit. Onlustepolisie het vroeër ook op betogers geskiet wat nie aan die nuwe aandklokreël gehoor gee nie.
Die regering het ’n aandklokreël landswyd ingestel nadat nog 35 mense in geweldadige betogings in die hoofstad Dhaka dood is. Luidens AFP is minstens 115 mense in hierdie week se geweld dood.
LEES MEER: Bangladesh sny internet af te midde van betogingshttps://rosestad.co.za/bangladesh-sny-selfoon-internet-te-midde-van-studentebetogings-af/
Studente betoog dae lank al oor ’n kwotastelsel waarvolgens werksgeleenthede in die staatsdiens glo opsygesit word vir die families van veterane van die land se onafhanklikheidsoorlog in 1971.
Die aandklokreël het om middernag in werking getree, en die Eerste Minister se kantoor het die weermag gevra om troepe te ontplooi nadat die polisie nie daarin kon slaag om die wydverspreide chaos te bedwing nie. Rosestad-nuus het vroeër berig dad sommige internetdienste opgekort is.
1 Comment
Comments are closed.