‘n Aanhitser van die onluste wat in 2021 in Durban uitgebreek het, is gister in die Pietermaritzburg streekhof 12-jaar tronkstraf opgelê. Die 36-jarige Mdumiseni Khetha Zuma, het mense aangepor om bymekaar te kom en openbare geweld te pleeg. Hy het ook ‘n video gemaak van die plundering by die Brookside-winkelsentrum waar hy mense aangehits het om winkels te plunder. Die sentrum is ook afgebrand. Hy het die video op whatsapp versprei. Netwerk 24 berig Natasha Ramkisson-Kara, ‘n streekwoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag het in ‘n verklaring gesê Zuma is skuldig bevind aan die oortreding van die Wet op Oproerige byeenkomste. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×