Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat, Sindisiwe Seboka, het bevestig dat aanklagte teen Estina, een van die maatskappye wat in die Vrede-suiwelplaas-korrupsiesaak aangekla word, teruggetrek is.
Die maatskappy was onder die lys van beskuldigdes in die 280 miljoen rand Vrystaatse projek. Die voormalige LUR vir Landbou in die provinsie, Mosebenzi Zwane, het gister saam met die medebeskuldigdes in die hooggeregshof in Bloemfontein verskyn.
Die maatskappy in die middel van die hoëprofiel-korrupsiesaak, Estina, is onder likwidasie.
Daar het na bewering R228 miljoen vanaf die Estina-suiwelprojek na die Guptas gevloei.
Die lang lys beskuldigdes staan onder meer tereg op aanklagte van diefstal, bedrog en/of korrupsie.