Dit is die eerste keer ooit, dat Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland aanlyn kan registreer om in ‘n verkiesing te kan stem.
Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, sê meer as 18 000 stemgeregtigde Suid-Afrikaners, in meer as ‘n honderd lande, het reeds met die aanlyn-registrasieproses begin. Die meeste aanlynregistrasies tot dusver, is in Brittanje aangeteken.
Hier het bykans 6 000 Suid-Afrikaanse kiesers reeds van die OVK se aanlyndiens gebruik gemaak. Nagenoeg 21 000 Suid-Afrikaners het in 2019 van buite die land se grense aan die verkiesing deelgeneem.