‘n Moontlike skerp daling in brandstofpryse, kan help om vakansiegangers se Januarie-begroting effens beter te laat klop.
Die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika sê volgens ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds, kan dalings in die prys van albei grade petrol, diesel, asook paraffien verwag word.
Hiervolgens kan die prys van 93-oktaan petrol in Januarie met ongeveer 68 sent per liter daal, en 95-oktaan met tot soveel as 82 sent.
Diesel kan tot R1,50 per liter goedkoper wees, terwyl die prys van paraffien met nagenoeg een rand veertig sent per liter kan sak.