Die Oos-Londense streekshof het ‘n aansoek om die aanklagte teen die eienaars van die Enyobeni-taverne terug te trek, van die hand gewys.
Nege meisies en twaalf seuns, tussen ouderdomme 13 en 21, het in Junie verlede jaar op raaiselagtige wyse in die taverne gesterf.
Die eienaars staan tereg op aanklagte wat met die onwettige verkoop van drank aan minderjariges verband hou.
Luidens Precious Daniel, prokureur vir die verdediging, bestaan daar geen bewyse wat die eienaars impliseer nie.
Daniel se aansoek om die aanklagte terug te laat trek is egter deur landdros Kevin von Bradt geweeg en te lig bevind.