Die OVK herinner kiesers daaraan dat aansoeke vir spesiale stemme vir die komende verkiesing vandag sluit. Hierdie opsie is alle kiesers beskore, mits hulle vooraf aansoek
doen, en goedkeuring kry. Daar bestaan geen outomatiese ouderdomsgebaseerde kwalifikasie vir ‘n spesiale stem nie.
Aansoeke vir spesiale stemme sluit ook huisbesoek in, vir geregistreerde kiesers wat met beweeglikheid sukkel. Stemgeregtigde geregistreerde kiesers met goedkeuring sal hulle kruisies op Maandag 27 of Dinsdag 28 Mei trek. Die OVK sê hy het reeds meer as ‘n miljoen spesiale stem-aansoeke goedgekeur.