‘n Aardbewing wat 3.1 op die Richterskaal gemeet het, het inwoners van Carletonville groot laat skrik toe die aarde vir etlike sekondes begin bewe het. Die episentrum van die aardbewing was sowat 13 km suidwes van dié myndorp in Gauteng. Die skudding het omstreeks twintig voor twee plaasgevind.
Volcano Discovery berig die aardbewing het 10 kilometer ondergronds ontstaan en is deur inwoners van omliggende dorpe soos Fochville, Westonaria, Randfontein en selfs Potchefstroom gevoel. ‘n Inwoner van Carletonville het aan Rosestad Nuus gesê dit was skrikwekkend toe die huis skielik begin ruk en bewe.