Die Suid-Afrikaanse Raad vir Geowetenskappe se woordvoerder, Mahlatse Mononela het bevestig dat ‘n aardskudding Orkney inwoners gisteroggend net na sewe uur wakker geskud het. Mononela het aan Netwerk 24 gesê die skudding het ‘n sterkte van 3,7 op die Richterskaal gemeet. Mononela het gesê die skudding het moontlik verband gehou met mynbou-bedrywighede in die omgewing. ‘n Inwoner van Orkney het vertel dat hulle ‘n gerammel en gerol gevoel het kort na middernag terwyl die honde senuweeagtig geblaf het. Orkney het in 2014 ‘n erge skudding van 5,5 beleef toe altesame 1 446 huise en ander geboue beskadig is. Die episentrum van die skudding wat ‘n minuut geduur het, was enkele kilometers weg van Klerksdorp, Orkney, Stilfontein en omliggende townships. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×