Verbruikers kan weer uitsien na ‘n gebakte aartappel of aartappelslaai by vanjaar se Kersete, met pryse van dié gewas wat teen Desember heelwat laer gaan wees. Verbruikers het die afgelope paar maande onder hemelhoë pryse van aartappels gesteier, het Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz aan Netwerk 24 gesê, maar dit was net tydelik. Aartappels Suid-Afrika het in ‘n onlangse verklaring gesê beurtkrag is een van die hoofoorsake van die prysstyging omdat boere nie kan besproei nie. Aanplantings was minder en daarom was minder in die mark beskikbaar. Die situasie is ook vererger deur stygende insetkostes met groter winste vir boere deur ander gewasse aan te plant.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×