Aarto sal na verwagting aanstaande maand in werking tree

Die Wysigingswet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortredings – Aarto – sal na verwagting op 1 Julie in werking tree.

Luidens dié wetgewing word alles, behalwe die ernstigste verkeersoortredings, gedekriminaliseer en aan administratiewe prosesse onderwerp, berig Netwerk24.

Die Aarto-wysigingswetsontwerp is in Augustus 2019 deur die president onderteken en bekragtig.

Die Organisasie Teen Belasting Misbruik, OUTA, sê egter indien die regering die wysigingswet in werking stel, hy hom tot die hof sal wend om dit te stuit, omdat sy aansoek oor die grondwetlikheid van die wetgewing nog aangehoor moet word.

Luister na potgooie hieronder