Aartsbiskop Thabo Makgoba van die Anglikaanse kerk het tydens sy Kersfeesdiens uitgevaar teen gierige politici in die land. Hy het gesê die regering het die land vasgevang met sy leuens. Makgoba het gesê politici loop skaamteloos en brutaal met vuil voete deur elke aspek van Suid-Afrikaanse burgers se lewe. eNCA berig hy het gepreek in die St George Katedraal in Kaapstad. Makgoba het gesê dit is skrikwekkend om te besef dat die gemeenskap so uitgeput is deur leuens, korrupsie en onbevoegdheid dat hulle nie meer belangstel om die waarheid uit te vind nie. Hy het gesê die land is gevange geneem deur die leuens van die regering. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×