Aasvoëls, ’n Suid-Afrikaanse kortfilm geskryf en geregisseer deur Dian Weys is gekies om vir die gesogte Kortfilm Palme d’Or by die 78ste Cannes Filmfees mee te ding.

Weys is ‘n navorsingsgenoot in die Departement Kunsgeskiedenis en Beeldstudies aan die Universiteit van die Vrystaat (UV).

Luidens ‘n aanlyn artikel van die UV is slegs elf uit oor die 4 700 inskrywings gekies om in die jaar se amptelike kortfilmkompetisie te kompeteer.

Behalwe dat hy erken word deur wat beskou word as die mees gewaardeerde filmfees wêreldwyd, maak hierdie prestasie deur Weys hom slegs die sesde Suid-Afrikaanse regisseur wat vir hierdie kortfilmkompetisie gekies is.

Volgens Weys is daar baie stories wat nog vertel moet word, en hy dink Suid-Afrikaanse rolprentmakers kan ’n waardevolle bydrae tot wêreldfilm maak.

error: Inhoud is beskerm !!