Natuurlewe-aktiviste in Kaapstad sê aanvalle deur robbe op die stad se strande het kommerwekkend toegeneem.
Dit volg ná ‘n voorval in Muizenberg die afgelope week waar ‘n rob deur individue doodgemaak is, skynbaar omdat hulle geglo het dat hy hondsdolheid gehad het. Die Houtbaaise reddingsentrum vir robbe sê dit was die derde geval van aanvalle deur robbe by Surfers Corner die afgelope vyf maande.
‘n Woordvoerder van die sentrum, Kim Krynauw, sê aan SABC-nuus robbe is ‘n beskermde spesie en dit is onwettig om hulle leed aan te doen. Krynauw sê ‘n rob kan weens verskeie redes aggressief optree, en net ‘n geoefende oog kan die verskil sien tussen ‘n rob met hondsdolheid en een wat normaal optree en ‘n stuk seewier eet.
Sy het gevra dat mense die sentrum skakel indien hulle ‘n rob teëkom wat hulle vermoed hondsdolheid het.
1 Comment
Comments are closed.