Die African Christian Democratic Party (ACDP) sê die R240 miljoen koste vir die vergoedings van die uitvoerende lede vir die volgende finansiële jaar is ‘n vermorsing van belastingbetalers se geld.
Finansiesminister Enoch Godongwana het in ‘n antwoord op ‘n vraag oor die nuwe ministers en adjunkministers gesê dat ministers tans byna R2,7 miljoen per jaar verdien.
SABC News berig dat adjunkministers teen R2,2 miljoen vergoed word.
ACDP-LP Steve Swart sê terwyl hulle waardeer dat daar politieke partye in die RNU geakkommodeer moes word, is hulle bekommerd oor die R240 miljoen koste vir die ministers en hul adjunkte.
Hy voeg by dat die land nie so ‘n opgeblase kabinet kan bekostig nie, en glo dat die regering departemente moet herstruktureer om koste te bespaar.