Die korrupsieverhoor van die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, en sy medebeskuldigdes is Woensdag weer in die hooggeregshof in Bloemfontein vertraag.

Rosestad-nuus het vroeër berig die eerste staatsgetuie sou na verwagting Woensdag getuig.

Maar, Netwerk24 berig die saak is hierdie keer uitgestel om die staat kans te gee om skriftelik op ‘n spesiale pleit te antwoord.

Regter Philip Loubser het die verhoor tot Donderdag uitgestel nadat Magashule se voormailige assistent, Moroadi Cholota, se regsverteenwoordiger ‘n spesiale pleit ingevolge artikel 106(1)(f) van die Strafproseswet ingedien het.

Hierin sê Cholota haar uitlewering vroeër uit Amerika was onregmatig en die hof het gevolglik nie die jurisdiksie om die aanklagte teen haar aan te hoor nie.

Die saak handel oor ‘n tender van die Vrystaatse regering om die asbesdakke in die provinsie te tel en die dakke te vervang. Die staat beweer miljoene rande is betaal, maar geen werk is gedoen nie.

error: Inhoud is beskerm !!