Ace Magshule het gewys dat hy nie gaan lê nie en het intussen hard gewerk om sy nuwe party, die African Congress for Transformation, of ACT, aan die kiesers in sekere dele van die Vrystaat bekend te stel. Magashule was glo by verskeie plekke in die provinsie sigbaar by registrasiepunte.
Bronne het aan Netwerk 24 gesê Magashule kom met ‘n groot verrassing in die Vrystaat. Die ACT, oudpres Zuma se uMkhonto weSizwe-party en Hlaudi Motsoeneng se African Content Movement het onlangs volgens dié bronne ‘n stadio in die Vrystaat volgemaak. Die partye beplan ook glo ‘n koalisie. Nog partye wat moontlik by die partye kan aansluit, is die African Transformation Movement en die Patriotic Alliance van Gayton McKenzie. Magashule het glo ook ‘n deur tot deur veldtog in die Vaaldriehoek gevoer.