Die voormalige ANC-sekretaris-generaal en eertydse premier van die Vrystaat, Ace Magashule, en sy beweerde makkers is vandag terug in die hooggeregshof in Bloemfontein.

Magashule en sy 17 medebeskuldigdes se verskyning word verbind met die 255-miljoen rand asbesdak-ouditbedrogsaak.

Volksblad berig ná sowat drie jaar in die beskuldigdebank, is dit onwaarskynlik dat regterpresident, Cagney Musi, ‘n verhoordatum sal bepaal.

Dit nadat Magashule vroeër ‘n petisie aan die appèlhof gerig het in een van sy vele probeerslae om vervolging teen hom te stuit.

Moraodi Cholota, Magashule se gewese persoonlike assistent en medebeskuldigde, is nog in die buiteland.

Die staat wag skynbaar op terugvoer vanuit Amerika oor sy aansoek om Cholota te laat uitlewer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×