Ace Magashule, voormalige sekretaris-generaal van die ANC, is deur dié party aan wangedrag skuldig bevind.

Netwerk24 berig dié skuldigbevinding kom nadat hy skynbaar versuim het om vir president Cyril Ramaphosa en die ANC se strukture om verskoning te vra omdat hy Ramaphosa in 2021 “eensydig geskors het”.

Magashule, eertydse premier van die Vrystaat, het nou sewe kalenderdae om skriftelik te laat weet waarom hy nié uit die regerende party geskors moet word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×