Die konstitusionele hof het Woensdag Ace Magashule se aansoek om teen sy skorsing as sekretaris-generaal van die ANC te appelleer, van die hand gewys. Die hof het in ‘n kort uitspraak gesê dat verlof tot appèl geweier word as gevolg van die gebrek aan ‘n redelike vooruitsig op sukses. Dit is die soveelste keer dat Magashule sy rieme in die hof styf loop in ‘n poging om sy skorsing nietig verklaar te kry. Die appèlhof in Bloemfontein het sy vroeëre aansoek om te appelleer teen ‘n beslissing dat sy skorsing wettig is, met koste van die hand gewys. Magashule is in 2021 uit die ANC geskors. Hy word van bedrog en geldwassery aangekla wat spruit uit die omstrede asbesdak-tenderskandaal in die Vrystaat, terwyl hy premier was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×