Ace Magashule se appèlaansoek het in die Johannesburgse Hooggeregshof begin

Die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, se appèlaansoek, teen ‘n vroeëre beslissing van die hof dat sy skorsing uit die ANC, gehandhaaf word, het in Johannesburgse Hooggeregshof begin.

Luidens berigte vra Magashule ook dat die hof sy besluit, as sekretaris-generaal van die ANC, om Cyril Ramaphosa as president van die ANC te skors, te handhaaf.

Sy appèl volg die Johannesburgse Hooggeregshof se beslissing vroeër dat die ANC die korrekte prosedure gevolg het deur Magashule te skors.

Intussen het Magashule gesê hy glo dat ‘n hoër hof tot ‘n ander bevinding sal kom.

Luister na potgooie hieronder