Ace Magashule sê hy is ’n wetsgehoorsame burger

Ace Magashule sê hy het niks verkeerd gedoen nie en daarom is hy nie bekommerd oor die moontlikheid dat hy binnekort in hegtenis geneem kan word nie. Die sekretaris-generaal van die ANC het ‘n deur-tot-deur-verkiesingsveldtog in Ekurhuleni in Gauteng gelei, in die aanloop tot tusenverkiesings in die streek. Magashule het aan eNCA gesê hy is ‘n wetsgehoorsame Suid-Afrikaner met trots en selfvertroue. Magashule was die premier van die Vrystaat ten tye van die mislukte Estina Melkplaasprojek, wat swart boere in armoede gelaat het.

Luister na potgooie hieronder