“Ace Magashule se saak sal in ‘n hof aangehoor word en nie op ‘n publieke platform”

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die sekretarisgeneraal van die ANC, Ace Magashule se saak sal in ‘n hof aangehoor word en nie op ‘n publieke platform en mense se opinies nie.
Dit volg op berigte dat, Moroadi Cholota, Magashule se voormalige persoonlike assistent nie vir die Staat gaan getuig nie.
Volgens City Press het hulle ‘n epos onder oë gehad tussen Cholota en wetstoepassers waarin sy hulle vra om die ondertekende verklaring, waarin sy na bewering onderneem om vir die Staat te getuig, aan haar te wys.
Die NVG hou vol dat berigte dat sy nié teen Magashule gaan getuig nie, onakkuraat is.

Luister na potgooie hieronder