Ace Magashule se voormalige lyfwag is vanoggend in die hooggeregshof in Bloemfontein skuldig bevind op ’n aanklag van diefstal

Ace Magashule se voormalige lyfwag is vanoggend in die hooggeregshof in Bloemfontein skuldig bevind op ’n aanklag van diefstal.
Netwerk24 berig die hof het bevind dat Ricardo Mettler ’n Pierneef-skildery van bykans R8-miljoen uit die premierskantoor in die O.R. Tambo-gebou in Bloemfontein gesteel het.
Mettler is ook skuldig bevind op ’n aanklag van geldwassery, omdat hy die skildery aan ’n Chinese sakeman van Bloemfontein as waarborg vir ’n lening aangebied het.
Mettler is ook aan bedrog skuldig bevind nadat hy voorgegee het die skildery is deur Magashule aan hom geskenk en dat dit wettiglik aan hom behoort het.

Luister na potgooie hieronder