Ace Magashule het vandag in Soweto sy nuwe politieke party gekend gestel. Magashule, voormalige ANC sekretaris-generaal wat in Junie uit die ANC geskop is, het gese sy nuwe party, die African Congress for Transformation, of ACT, is ‘n party vir die mense. Magashule het gesê partylede het die afgelope ses maande hard gewerk om die party-strukture te vestig. Hy het glo met oud-presidente Thabo Mbeki, Kgalema Motlanthe en Jacob Zuma oor sy planne gekonsulteer, berig Netwerk 24. Magashule het gesê die ANC het Suid-Afrikaners verraai.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×