Die African Congress for Transformation, of ACT, onder die leierskap van die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, mik om 20 setels in die parlement te kry. Magashule wil self weer ‘n LP word. Die woordvoerder van die ACT, pastoor Mohau Khumalo, het aan Netwerk 24 gesê die ACT gaan nasionaal in agt provinsies meeding.

Khumalo sê die ACT staan sterk in veral die Vrystaat, Noordwes en Gauteng. Dit lyk volgens politieke ontleders asof die ACT gaan saamwerk met Hlaudi Motsoeneng se African Content Movement, of ACM, en die MK-party. ‘N MK-ACT-ACM koalisie kan meebring dat Magashule weer in die parlement beland omdat oudpres Jacob Zuma waarskynlik nie toegelaat sal word nie.  

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×