Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal van die ANC, het ongeveer half-tien vanoggend sy opwagting by die hooggeregshof in Bloemfontein gemaak. Hy en 16 ander beskuldigdes in die asbesdak-oudit-saak, wat miljoene rand beloop, was vandag in die hof vir die voorverhoor van hierdie omstrede saak. Regter van Zyl het die voorverhoor by ooreenkoms tot 23 September 2022 uitgestel. Olly Mlamleli, afgedankte burgemeester van die Mangaung-metro, het glo buite die hof gesê dat sy seker is sy het nie gesteel nie. Sy het bygevoeg dat sy van Tafelberg af kan skree dat sy nie skuldig is nie. Plaaslike en nasionale media het vanoggend laer om die hof getrek. Die strate om die hofgebou is gesluit en die polisie hou ‘n wakende oog oor die omgewing.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×