Die konstitusionele hof se onlangse uitspraak dat Ace Magashule nie teen sy skorsing as sekretaris-generaal appèl kan aanteken nie, skeel hom skynbaar min. Netwerk24 berig Magashule het Maandag by die Appèlhof in Bloemfontein – waar oudpresident Jacob Zuma die ongrondwetlikheid van sy mediese parool betwis het – gesê hy bly die sekretaris-generaal van die ANC. Magashule, wie voorheen ook die premier van die Vrystaat was, het verskeie vergeefse pogings aangewend om sy skorsing nietig te laat verklaar. Hy het gesê die grondwet is nie in ooreenstemming met dié van Suid-Afrika nie en daarom ag hy sy skorsing onwettig te wees. Die konstitusionele hof het gesê verlof tot appèl is geweier weens ‘n gebrek aan redelike vooruitsigte op sukses.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×