Die visteelprojek by die Gariepdam waar visteling sou plaasvind en die Bethulie-visteelplaas wat as werkskepping sou dien, het geen visse of water in die teeldamme oorgebly nie. Netwerk 24 berig daar is nog ‘n klompie navorsers wat goeie werk doen en die stasie benut. Die voormalige premier, Ace Magashule het die projek in 2009 begin. Dr. Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, het onlangs die Chinees Suid-Afrikaanse landboutegnologie-demontrasiesentrum besoek, ook bekend as die Gariep visteelstasie waar ‘n paar Chinese navorsers nou met goudvisse wil teel. By die Bethulie-visteelplaas was daar nie water of vis nie en die geboue is gevandaliseer. By dié fabriek moes vis geblik word. Meer as ‘n R100 miljoen Chinese en Suid-Afrikaanse geld is destyds in die Gariep-visteelstasie belê om vir arm inwoners werk te skep en honger mae te vul.