Acsa se inligtingshoof is geskors, terwyl ondersoek na beweerde wangedrag gedoen word. Volgens die Suid-Afrikaanse lughawensmaatskappy is bewyse van ongerymdheid aangaande sy biometriese en digitale identiteitstegnologie-projek gevind.
Hoewel Acsa vroeër gesê het daar is geen onreëlmatigheid met sy verkrygingsproses nie, het hy na verdere ondersoek nou tog bewyse gevind wat op die teendeel dui.
Acsa het in Mei 2022 met die verkrygingsproses vir sy outomatiese grensbeheer-projek begin, wat onder meer ‘n gesofistikeerde e-hek-stelse behels. Die R115-miljoen kontrak is aan die Franse multinasionale tegnologiemaatskappy Idemia toegeken.