Die leier van die African Congress for Transformation, Ace Magashule, het bewerings verwerp dat sy party nie aan die algemene en provinsiale verkiesing gaan deelneem nie.
Magashule het wel die Verkiesingskommissie se aanlyn benoemingstelsel in die hof uitgedaag, maar tydens die bekendstelling van die party se manifes in Sebokeng bevestig die ACT sal in verskeie provinsies meeding.
Dit sluit die Vrystaat in, waar hulle vol vertroue is om te wen. Magashule sê die party is bereid om met eendersdenkende koalisies saam te werk.