Action S.A se leier, Herman Mashaba, sê hy sal die pogings van die EFF teenstaan om die Grondwet te verander

 Action S.A se leier, Herman Mashaba, sê hy sal die pogings van die EFF teenstaan om die Grondwet te verander

Action S.A se leier, Herman Mashaba, sê hy sal die pogings van die EFF teenstaan om die Grondwet te verander sodat die munisipale verkiesings tot 2024 uitgestel word.
Volgens hom is die EFF se voorstel ongrondwetlik, omdat daar in die Grondwet bepaal word dat die munisipale verkiesing en die nasionale verkiesing elke vyf jaar moet plaasvind.
Hy sê die huidige munisipale termyn verstryk in November.
Die EFF beplan om ‘n privaatledewetsontwerp in te dien om die munisipale verkiesing met die nasionale verkiesing te sinchroniseer.
Julius Malema, die EFF-leier, het die Covid-19-pandemie as rede aangevoer.

LeandreAdmin@