Action SA begin môre met #ActAsOne nasionale toer

 Action SA begin môre met #ActAsOne nasionale toer

Action SA sal na verwagting môre die #ActAsOne nasionale toer in die Stad Tshwane afskop. Die doel is om landwyd verskillende gemeenskappe te ontmoet. Die beweging se leier, Herman Mashaba, sê die toer sal mense die geleentheid gee om te praat oor knellende uitdagings wat in hulle onderskeie gebiede ervaar word. Die toer begin met ‘n besoek aan die Themba-landdroshof waar ‘n Tshwane-stadsraadslid se aansoek om borgtog aangehoor word en sluit af met ‘n geslote ontmoeting met die Kekana-stamraad.

Gerdie Karstens