Die nasionale voorsitter van Action S.A., Michael Beaumont, sê hoewel die party
hom uit die Veelpartyhandves onttrek, beïnvloed dit nie sy koalisie met die DA in die
Tshwane-metro in Gauteng nie. Die party het vroeër aangekondig dat hy hom aan
die Veelpartyhandves onttrek weens lede van dié groepering se samesprekings met
die ANC oor ‘n moontlike koalisie. Beaumont sê Action S.A. sal slegs uit die koalisie
in Tshwane onttrek, indien die DA en die ANC besluit om op plaaslike regeringsvlak
saam te werk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×