Oudpres Jacob Zuma en die EFF-leier Julius Malema tel onder tien mense wat ‘n ActionSA-regering binne 100 dae sal ondersoek vir beweerde korrupsie sou die party aan bewind kom. Herman Mashaba, leier van ActionSA en die party se woordvoerder oor justisie, adv Julie Seton, het die name voor die sogenaamde Gupta-sjebeen in Saxonwold, Johannesburg bekendgemaak.
Netwerk 24 berig van die ander name is Floyd Shivambu, Malema se adjunk, Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, Nomvula Mokonyane, die ANC se verkiesingshoof en Ace Magashule. Mashaba het Saxonwold die hoofkwartier van staatskaping genoem. Mashaba het gesê die lys is nie vir politieke gewin nie, maar om die kiesers se oë voor die verkiesing oop te maak.