Die Vrystaatse leier van Action SA, Patricia Kopane, het tydens ‘n besoek aan die ou Ramkraal-tronk in Bloemfontein gesê dit is ‘n bewysstuk dat Ace Magashule nooit weer aan die Vrystaatse beursie moet raak nie. Kopane en die Action SA president, Herman Mashaba, het Ramkraal Donderdag besoek, ‘n projek waarop die Vrystaatse regering reeds R120 miljoen spandeer het.
Netwerk 24 berig daar was nooit enige fakture of of dokumente wat gewys het waarheen die geld is nie. Die beplanning vir die Ramkraal-projek wat die nuwe Vrystaatse wetgewer-gebou sou huisves, sou ook ‘n deel van die historiese tronk insluit.
Die bedrag wat alreeds spandeer is, sou ook omheining en beveiliging insluit. Magashule, wat destyds die premier was ten tye van die projek en tans die leier van die African Congress for Transformation is, wou nie kommentaar oor Kopane se kritiek lewer nie.