Korrupsie moet tot die nommer een vyand in Suid-Afrika verklaar word, het ActionSA tydens die laaste dag van hulle beleidskonferensie gesê. Michelle Wasserman, voorsitter van die party se komitee oor korrupsie, het gesê daar moet ‘n zero-toleransie-benadering wees tot enige vorm van korrupsie insowel die openbare en private sektor. Volgens Netwerk 24 moet diegene wat aan korrupsie skuldig bevind word, ook nie enige openbare amp beklee nie en moet swaarder gestraf word – veral openbare amptenare, staatsamptenare en verteenwoordigers van politieke partye.Wasserman het gesê die party wil ‘n onafhanklike teenkorrupsie-agentskap stig wat spesialiseer om korrupsie te takel. Nie-aanmelding van korrupsie moet ook gekriminaliseer word sodat individue vervolg kan word wat bewus was van korrupsie maar versuim het om dit aan te meld. Herman Mashaba, leier van ActionSA het gesê die uitkoms van die konferensie bied ‘n omvattende agenda om Suid-Afrika reg te ruk en die skadelike nalatenskap van die ANC ongedaan maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×