Die drukgroep Action Society sê een van die mense wat tydens die aanval deur agt presidensiële lyfwagte vroeër vanjaar in Gauteng aangerand is, beplan om die Suid-Afrikaanse Polisiediens te dagvaar. Action Society se Ian Cameron sê hulle sal die Volkswagen-bestuurder bystaan om ‘n siviele eis van een-komma-vyf miljoen rand teen die polisie se topbestuur in te dien. Volgens Cameron sal die minister van Polisie Bheki Cele, en die kommissaris-generaal Fannie Masemola, hierdie week hofstukke bedien word. Hy sê hulle wag nog vir ‘n datum van die hof.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×