Action Society het ook sy stem gevoeg by talle ander organisasies wat gekant is teen die uitstel van die akademiese jaar

Die burgerregte-organisasie – Action Society – het ook sy stem gevoeg by talle ander organisasies wat gekant is teen die uitstel van die akademiese jaar tot Februarie.

Vroeër die maand het die Departement van Onderwys aangekondig dat private skole op 1 Februarie hul werksaamhede kan hervat terwyl staatskole op 15 Februarie weer mag begin.

Daleen Gouws, Action Society se woordvoerder, sê die regering het die departement se besluit goedgekeur op grond van opinie en nie op wetenskaplike bewyse nie.

Volgens die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes was daar sedert die uitbreek van Covid-19 slegs 100 kinders wat Covid-19 opgedoen het.

Volgens Gouws oorskadu die impak van geen onderrig die bedreiging van die virus.

Luister na potgooie hieronder