Die slagoffers van die Lilymyn in Louisville, oos van Barberton in Mpumalanga, se families en die gemeenskap het glo geen ondersteuning of geregtigheid ontvang sedert die voorval agt jaar gelede gebeur het nie en ActionSA soek konkrete antwoorde.
Drie mense was in ‘n houerkantoor, by die ingang van die myn, wat in ‘n gapende gat, as gevolg van n ondergrondse ineenstorting, verdwyn het. Die party wil weet hoe die provinsiale regering beplan om diegene wat geraak is, te ondersteun.
Volgens Lethu Thomo sal ActionSA by die slagoffers se families staan totdat daar opgetree word.
LUISTER HIER: