ActionSA gaan ʼn klagte teen die minister van Justisie, Thembi Simelane, vir beweerde korrupsie lê.
Die klagte hou verband met ʼn lening van 500-duisend rand wat Simelane na bewering in 2016 van ʼn maatskappy wat aan VBS Mutual Bank gekoppel is, ontvang het.
Simelane het die lening tydens haar ampstermyn as die uitvoerende burgemeester van Polokwane uitgeneem om ʼn koffiewinkel te koop.
Onlangse verslae het aan die lig gebring dat daar teenstrydighede is met die datums in die leningsooreenkoms.
ActionSA se Malebo Kobe sê sy sal die klagte by vandag by die Polokwane-polisiestasie in Limpopo indien.
LUISTER HIER: