ActionSA sal Dindsdag strafregtelike klagte teen die minister van Justisie, Thembi Simelane, by die Polokwane-polisiestasie lê.
Die party beweer oortredings van die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Aktiwiteite. Die bewerings kom ná onthullings dat Simelane ‘n lening van R500-miljoen by Gundo Wealth Solutions aangevra het tydens haar ampstermyn as burgemeester van Polokwane.
ActionSA sê Simelane moet haarself dan verdedig.