Die party, ActionSA, het sy beswaar teen die omstrede Bela-wet by die parlement ingedien.
Die party het aan Maroela Media gesê dit is, in hulle woorde, ‘n “defektiewe wetgewende poging” om die strukturele tekortkominge van die land se onderwysstelsel te prober wegsteek. Hulle sê die tekortkominge is weens jarelange wanbestuur, ʼn Lid van ActionSA se senaat, Angela Sobey, sê die wetsontwerp is onsamehangend en weerspieël nie die werklike behoeftes en realiteite van die onderwyslandskap nie.
Sobey sê die bedoelings daarvan is bes moontlik edel, maar die wetsontwerp is uiteindelik ʼn sogenaamde “magsgryp” deur die minister van basiese onderwys wat onder meer die mag gaan kry om ʼn skool se taalbeleid te bepaal, ongeag wat die skool se beheerliggaam besluit.
Sy sê dit gaan ook ouers se vermoë om te besluit oor tuisonderrig, aan bande lê.