ActionSA se koukusleier in die Parlement, Athol Trollip sê die voormalige minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, wat aangekla is van korrupsie, moet eers die saak teen hom afhandel, voordat hy terugkom Parlement toe. Kodwa gaan môre as lid van die parlement ingehuldig word. Hy het vroeër die maand uit sy pos bedank nadat hy in die hof van korrupsie aangekla is.

Die aanklagte hou verband met R1,6 miljoen se omkoopgeld wat volgens die Staatskapingsverslag glo aan Kodwa betaal is. Trollip sê as die ANC ‘n verantwoordelike party was, sou hulle Kodwa aangesê het om eers die saak teen hom af te handel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×